Welkom by my Afrikaanse webblad! My naam is Marinda Kotze. Ek skryf hoofsaaklik spekulatiewe fiksie, meestal in Engels, maar ook in Afrikaans.

My kortverhaal “Krisjan se Meisies” was in Februarie 2025 deur PEN Afrikaans en LitNet op die kortlys geplaas vir hul kortverhaalkompetisie met die tema “Kyk hoe ver het ons gekom” ter viering van die eeufees van die Afrikaanse taal.
Twee van my kortverhale, “Ontkoppel” en “Charlie“, was in November 2025 in Ns. Skrywershuis se nuwe kortverhaalbundel, AFRI-Allegaartjie, gepubliseer. Beide kortverhale is ook op my webtuiste beskikbaar (volg hierdie skakel).


Lees gerus my gratis Afrikaanse middelgraad-fiksie flitsverhale (vir ouderdomme 9 tot 13) op my webtuiste (volg hierdie skakel).
Afrikaans-verwante Nuusbrokkies:
AFRI-Allegaartjie: ‘n Kortverhaalbundel
[Scroll down for the English translation of this post] Twee van my kortverhale, “Ontkoppel” en “Charlie”, is in Ns. Skrywershuis se nuwe kortverhaalbundel, AFRI-Allegaartjie, gepubliseer. In 2023 en 2024 het Ns. Skrywershuis via hul tydskrif, Naskrif, ‘n kortverhaalkompetisie op hul Facebookblad gehad wat lesers uitgedaag het om kortverhale te skryf na aanleiding van fotobeelde. Ek…
Lees verder“Krisjan se Meisies” Gekeur vir PEN Afrikaans en Litnet se Kortverhaalkompetisie / Afrikaans short story “Krisjan’s Girls” Shortlisted for PEN Afrikaans and Litnet’s Short Story Competition
(Scroll down for the English translation of this post) Ek is bly om aan te kondig dat my Afrikaanse kortverhaal, “Krisjan se Meisies”, gekeur is in PEN Afrikaans en LitNet se kortverhaalkompetisie. Die kompetisie is daarop gemik om die 100-jarige bestaan van die Afrikaanse taal te vier. Vir meer inligting oor die eeufeesvieringe van Afrikaans,…
Lees verderThe Month of Two Charlies
Two of my stories have been accepted for publication this month – both titled Charlie (because I had a bit of an obsession with the name thanks to Skunk Anansie’s song Charlie Big Potato). The first Charlie is an Afrikaans short story that was published by Naskrif magazine. It was inspired by the above photo…
Lees verderOntkoppel / Disconnect
(scroll down for the English version of this post) My kortverhaal “Ontkoppel” is in die September 2023 uitgawe van Naskrif gepubliseer. Dis geinspireer deur die foto hierbo, die eerste Apple Vision Pro demonstrasie videos wat ek gesien het ‘n paar weke tevore asook al die bohaai wat oor die Metaverse gemaak was en die remote…
Lees verderSLUIT BY MY NUUSBRIEF AAN:
As jy daarin belangstel om meer van my en my Afrikaanse stories te hoor, oorweeg dit asseblief om in te teken op my Afrikaanse nuusbrief. Ek stuur net ‘n e-pos wanneer ek iets belangriks het om te vertel!