Avonture, Rillers en Ander Wonders – Jeugverhale deur Marinda Kotze

Teken in op my nuusbrief en ontvang Iets Skuil In Die Donker – ‘n bundel van al my gratis Afrikaanse jeugverhale tot op datum.

Die bundel bevat: Die Bure, Die Tydgestikte Klerekas en Iets Huil In Die Nag

Die nuusbrief sal net kennisgewings bevat oor my Afrikaanse jeugverhale. Ek stuur net nuusbriewe uit wanneer ek iets belangriks het om te deel.

OOK BINNE DIE EBOEK: Inligting oor hoe jy kan deelneem aan ‘n spesiale kompetisie!

Die Bure

1,023 woorde / 4 bladsye / 5-8 minute leestyd

Anton moet in die bure se geheimsinnige erf rondsoek vir ‘n paar verlore krieketballe. Maar wat is nog alles versteek op hierdie ou, verlate erf?

Die Tydgestikte Klerekas

2,079 woorde / 7 bladsye / 10-15 minute leestyd

Toe Henna en haar ma by haar vergeetagtige ouma intrek, voel die ou huis reeds vreemd. Maar wanneer Henna ’n paar pantoffels in die klerekas moet gaan soek, ontdek sy dat sommige deure verder oopgaan as wat ’n mens sou verwag…

Iets Huil In Die Nag

1,424 woorde / 5 bladsye / 7-12 minute leestyd

Gerrit en sy beste vriend, André, verwag niks meer as ’n naweek van stowwerige hindernisbane en flou spanbou-aktiwiteite op ’n afgeleë plaas nie. Maar die nag het ander planne.

Laatnag word hulle wakker van ’n geluid wat die hare op hulle arms laat rys—’n dun, skril gekerm, soos ’n baba wat iewers tussen die skaduwees huil. Maar daar is geen babas op hierdie kamp nie. Wanneer die seuns uit hul tent sluip, lei die gehuil hulle dieper die pikswart bosse in. En wat daar op hulle wag, is geen verlore kind nie…

#riller #flitsverhaal

Leesgidse

Daar is ook nou leesgidse vir die jeugflitsverhale.

Onderwyser of ouer? Kyk na hierdie gratis leesgidse vir gebruik in die klaskamer of by die huis. Die leesgidse help leerders om die stories beter te verstaan en daaroor na te dink. Hulle sluit begrips- en besprekingsvrae, woordeskataktiwiteite en verskeie skryf- en kreatiewe aktiwiteite in. Kliek op die leesgids se voorblad om die leesgids af te laai (in PDF formaat).