Avonture, Rillers en Ander Wonders – Jeugverhale deur Marinda Kotze

Die Bure

1,023 woorde / 4 bladsye / 5-8 minute leestyd

Anton moet in die bure se geheimsinnige erf rondsoek vir ‘n paar verlore krieketballe. Maar wat is nog alles versteek op hierdie ou, verlate erf?

Die Tydgestikte Klerekas

2,079 woorde / 7 bladsye / 10-15 minute leestyd

Toe Henna en haar ma by haar vergeetagtige ouma intrek, voel die ou huis reeds vreemd. Maar wanneer Henna ’n paar pantoffels in die klerekas moet gaan soek, ontdek sy dat sommige deure verder oopgaan as wat ’n mens sou verwag…